web hosting south africa
Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
web space:: Web hosting vanaf slegs R49 per maand  


 

Suid Afrikaanse web hosting

:: web hosting
:: domein registrasie
:: web blad ontwerp
:: search engine optimisation
:: e-pos handtekeninge

Tutoriale:

::Hoe om jou e-pos rekening
  op te stel.



 

Spyware Informasie

As jy nie weet wat spyware, adware en Trojans is nie, hier is 'n vinnige beskrywing vir jou.

Spyware:

Spyware is 'n skrif (sagteware) wat loop sonder die gebruiker se kennis. Die doel is om jou persoonlike lêers te deel op die internet met sy ontwerper.

Adware:

Adware is 'n skrif of reeks skrifte wat geinstalleer word op jou rekenaar (meeste van die tyd sonder jou kennis) wat irreterende advertensies op jou skerm laat op pop..

Trojans:

Trojans is skrifte wat op jou rekenaar (gewoonlik sonder jou medewete) geinstalleer word wat mik daarop om jou privaat leêrs oor die internet te deel.

Die Probleem:

Behalwe die bedreiging van jou privaat besonderhede wat in iemand anders se hande beland en die indringing op jou privaatheid met die op pop advertensies, kan die skrifte ernstige skade aan jou stelsel rig.  Omdat die skrifte baie bronne gebruik, hardloop jou stelsel meete van die tyd op maksimum kapasiteit wat uitgebrande verwerkers en stukkende hardeskywe tot gevolg kan hê.  As jy agter kom dat jou rekenaar stadiger as gewoonlik is, is jy waarskynlik geraak.

Daar is gratis programme wat jy kan gebruik om te sien of jy vatbaar is.  Al sê jou anti-virus program dat hy als blok, sal ek nogtans die gratis programme gebruik om seker te maak, want anti-virus programme kan nie altyd teen spyware beskerm nie.

Daar is skakels op ons anti-spyware bladsy gratis spyware verwydering programme . Ons beveel aan om A-Squared of Spybot Search en Destroy as effektiewe "all rounders" te gebruik, alhoewel daar 'n paar ander is wat kleiner is. SpyBot is redelik groot (4.15MB), maar is die moeite werd (Dit duur ongeveer 30 minute met 'n standaard 56K modem, so vir ons SA kliënte probeer dit doen na 19:00 indien moontlik wanneer die telefoon tariewe verlaag is).

Die program hardloop 'n volledige stelsel monitor en duur ongeveer 15 minute om te voltooi, afhangende van die verwerker spoed.  As jy ander programme gebruik terwyl dit besig is, sal dit stadig wees, so laat die program sy ding doen voor jy verder werk op jou rekenaar.  Dit sal 'n status verslag gee van hoeveel spyware programme gevind en verwyder is.

As jy enige spyware probleme ondervind her, kontak ons gerus!  Spyware ondersteuning is gratis aan alle UNIWEBSERVE kliënte.




Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê


 

 
 
 



:: copyright uniwebserve.com 2008 ::
web hosting south africa :: terms