|
|||||||||
Suid Afrikaanse web hosting Tutoriale: Kliente kommentaar: |
![]() Klein tot Medium Onderneming Die groter maatskappye vind dit moeilik om die persoonlike aandag aan hul kliënte te gee wat ons kliënte by ons geniet. Groter hosts het geen keuse as om gebruik te maak van outomatiese telefoon sisteme en in bel sentrums om te help met hul groot hoeveelhede kliënte nie. Dis waar ons anders is. Ons wys liewer die groot maatskappye weg sodat ons meer aandag aan ons SME's kan gee. As 'n kleiner host, vul ons 'n nis in die mark waar kliënte ons direk kan skakel op die landlyn of selfoon nommers sonder enige auutomatiese sisteme, inbelsentrums of 24 uur wag periodes. Antwoorde word gou gegee en raan en aanbevelings word vrylik gegee self al vra jy nie daarvoor nie.In teenstelling met die groter operateurs, het ons 'n gevestigde belang in al ons kliënte se besighede, aangesien hul sukses bepaal of hulle sal voortgaan met ons hosting by ons, en dit bepaal daarom ons sukses. Ons is so seker dat jy tevrede sal wees met ons dienste, dat ons nie op 'n kontrak basis werk nie, en kliënte is vry om enige tyd te kanselleer sonder enige boetes. Ons bied totaal gratis antivirus-en anti spyware ondersteuning en hulpbronne, wat geen ander web host wat ons teëgekom bied nie. Ons bied ook gratis bemarking en search engine raad. Baie van ons kliënte het aansienlik bespaar en voordeel getrek uit die raad wat ons gee. Ons bekwame ontwerpers struktureer enige web blad wat ons ontwerp of aan werk van die begin af in 'n search engine vriendelike manier. Dit is uiters belangrik as jy enige vorm van SEO wil doen in die toekoms. Groot maatskappye het genoeg personeel om te sorg vir alle aspekte van hul webwerwe en bemarking, maar wat van die enkele entrepreneur of klein besigheid met minder as 'n dosyn mense wat reeds hul hande vol het met hul dag-tot-dag besigheids operasies? Ons bied 'n alles in een diens om die gewig op ons kliënt se skouer ligter te maak, sodat hulle kan voortgaan met hul dag tot dag besigheid, en vir seker weet dat die web aspek van hul besigheid in goeie hande is. Kontak ons gerus direk op ons kantoor nommers of epos as jy jou web blad graag deur ons wil host, of self as jy net raad nodig het. Ons sien daarna uit om jou te help om die meeste uit jou web blad te kry! Begin Hosting met UniWebServe ::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif ::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
|
||||||||
|
|
|||||||||
Tuisblad :: Hoekom Ons :: Hosting Pakette :: Domein Name :: Web Ontwerp :: SEO :: Navraë :: Kontak :: FAQ :: Hulp |
|||||||||
:: copyright uniwebserve.com 2008 - 2011 :: web hosting south africa :: terms |
|||||||||