web hosting south africa
Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
web space:: Web hosting vanaf slegs R49 per maand  


 

Suid Afrikaanse web hosting

:: web hosting
:: domein registrasie
:: web blad ontwerp
:: search engine optimisation
:: e-pos handtekeninge

Tutoriale:

::Hoe om jou e-pos rekening
  op te stel.



 

MS Outlook 2002 Crash Fout

En hoe om dit reg te maak!

Nie almal van ons weet dat daar 'n maksimum limiet is waarop Microsoft Outlook e-posse stoor nie.  Microsoft Outlook gebruik slegs een leêr waarin hy al jou e-posse en leêrs stoor, en wanneer dit die 2GB limiet bereik, hou die program op met werk.  Met Outlook 2003 het Mikrosoft die limiet verhoog na 20GB, alhoewel hulle aanbeveel dat jy nie 18GB oorskry nie.

Met die breëband internet en die vermoë om groot e-posse te stuur, hardloop die spasie baie vinnig uit, en is daar geen waarskuwing dat die boks amper vol is nie.

Daar is 2 dinge wat jy kan doen om dit te voorkom:

1. As jy Microsoft Outlook gebruik wat ouer is as 2003, kan jy "Service Pack 1" aflaai en installeer van http://office.microsoft.com/downloads/2002/oxpsp1.aspx (17.5MB) wat sal voorkom dat jou e-pos boks meer e-posse aflaai wanneer dit die 2GB limiet bereik het.  Sodoende voorkom jy leêr beskadiging.

2. Kompakt jou boodskappe gereeld. In Outlook, gaan na TOOLS/ OPTIONS / MAIL SETUP / DATA FILES / SETTINGS en kies COMPACT NOW. Dit kan 'n hele tydjie neem, afhangende van hoeveel boodkappe jy het, en dit maak jou rekenaar aansienlik stadiger terwyl dit besig is, so probeer om dit gedurende jou etenstyd te doen of wanneer jy klaar maak vir die dag.

Daar is steeds goeie nuus vir jou as jy nie die bostaande prosedures gevolg het nie en jou program word beskadig!

Outlook het geen ingeboude manier om 'n PST of OST leêr kleiner te maak wat oor die limiet gegaan het nie.  Microsoft verskaf wel 'n hulpmiddel by http://support.microsoft.com/kb/296088/en-us wat jy kan aflaai om die leêr weer te laat werk.  Let egter op dat dit 25 tot 50mb data weg sny wat nie weer herwinbaar is nie.  Dit is wel 'n klein prys om te betaal sodat jy al jou ander boodskappe kan terug kry.

Jou e-pos leêr is gewoonlik gestoor onder "C:\Documents and Settings\USERNAME\Local Settings\Application Data\Microsoft\Outlook\", waar USERNAME jou Windows inteken naam is. Die standaard PST leêrnaam vir jou aktiewe e-pos boks is Outlook.pst, en jy sal slegs aan dit kan werk as Outlook toe is.  Ons raai jou aan om eers 'n kopie te maak van die leêr, of op 'n DVD of in 'n ander leêr op jou harde skyf, net in geval!

Sodra jy die hulpmiddel gebruik het om van jou data af te haal in jou Outlook.pst leêr, kan jy die herstel hulpmiddel op jou rekenaar by C:\ProgramFiles\CommonFiles\System\Mapi\1033\SCANPST.EXE gebruik. Wanneer jy weer Outlook oop maak, sal dit jou vra of dit die kortpaaie kan herstel, sê "Ja".  Wanneer dit dan oop maak, sal jy jou leêrs weer kan gebruik.  Dan kan jy jou boodskappe kompakt (sien 2 hierbo) en Outlook Service Pack 1 installeer om te voorkom dat dit weer gebeur.

web hosting



Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê


 

 
 
 



:: copyright uniwebserve.com 2008 ::
web hosting south africa :: terms