|
Hoe om 'n domein naam te kies om te registreer
Dit is altyd beter om 'm domein naam te kies wat pas by wat jy doen on selfs die presiese naam van jou besigheid.
Jou web blad het 'n beter kans om gevind te word as jy bv. flyfishing.com registreer in plaas van jimmysriversidestore.com omdat daar sleutel woorde in is wat te doen het met vis vang. Probeer dink wat mense sal in tik in die soek boks as hul jou dienste of produkte sou soek. As jy jou mees belangrikste sleutel woorde in jou domein kan gebruik, sal dit vir seker 'n plus wees vir die soek engines.
Indien moontlik, hou die naam kort en maklik onthoubaar. Dis baie makliker om flyfishing.com te onthou as realcotrading345.com.
Beskerm jou domein naam
Selfs al het jy nog nie 'n web blad nie, is dit beter om jou domein naam so gou moontlik te registreer om dit te beskerm. Domein name word elke dag geregistreer en die opsies raak al minder. Registreer jou domein naam vandag en hou hom veilig.
As iemand reeds die naam wat jy wil hê geregistreer het, kan jy dit moontlik by hulle oor koop. Kontak ons vir verdere navrae.
Wees spesifiek
Probeer spesifiek wees wanneer jy 'n domein soek om te registreer. As jy op 'n klein gemeenskap fokus, kan jy iets registreer soos flyfishinghexriver.com. Die naam is relevant en beskik nou oor meer sleutel woorde wat in jou guns tel vir soek engines.
As jy op sekere handelsmerke fokus, is dit beter om dit in die naam in te bring. So, as jy motors verkoop, kan jy iets hê soos fordcapetown.com wat die handelsmerk en area dek. Dit is ook baie maklik om te onthou.
Hoe lank kan die domein naam wees?
Domein name kan so veel as 67 karakter hê. Alhoewel dit beter is om 'n kort, maklike naam te hê, is dit soms nodig vir 'n lang naam. 'n Goeie rede hiervoor is jou besigheid naam, of 'n persoon se naam.
Korter domein name is minder vatbaar vir spel foute, terwyl langer name jou besigheid of produk beter kan beskryf. 'n Ideale naam sal wees as jou besigheid so akkuraat maar kort as moontlik kan beskryf.
Dit is gewoonlik nie 'n goeie idee om te gaan vir onduidelik domein name soos bv. agrmsa.com waar dit dalk makliker sou wees om agrimartsa.com. te onthou. Oor die algemeen as jy die domein naam maklik kan uitspreek, sal jy hom makliker onthou.. Kyk of die naam wat jy in gedagte het die toets slaag deur dit hardop te sê.
Koppelteken Domein Name
Koppelteken name kan handig wees as die domein naam wat jy wil hê, nie beskikbaar is nie. So jy kan fly-fishing.com registreer as flyfishing.com nie beskikbaar is nie.
Hulle is egter nie baie goed onthoubaar nie. As jy vir iemand sê jy het "Fly Fishing dot com" besoek, sal hul gaan na "flyfishing.com" en sodoende na jou kompetisie se web toe gaan.
As jy nie die domein naam wat jy wil hê kan kry nie, brobeer die meervoud , bv. flowers.com in plaas van flower.com
Kies jy co.za of .com?
.com is beter as jou fokus internasionaal is, terwyl co.za beter is vir die SA mark. As jy co.za gebruik, wys dit ook jou ondersteuning vir Suid Afrika en sy inwoners. Dit wys ook dat jy 'n Suid Afrikaanse onderneming is.
Jy kan ook albei registreer om jou naam te beskerm en dan net besluit watter een jou hoof domein sal wees. As jy 'n skeeps maatskappy is wat deel met die in en uitvoer van produkte na oorsese lande, is dit beter om onder .com te gaan. Party mense bou 'n web blad op hul .com domein vir die oorsese mark en dan 'n ander web blad op hul co.za domain vir die SA mark.
Waar kan ek professionele raad kry oor die keuse van 'n naam ?
Jy is welkom om ons te kontak om te gesels oor moontlike domein name. Ons doen dit al vir jare en sal jou vir seker kan help met die kies van jou domein naam.
|